Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


James gee pas aan op renbaan

James gee pas aan op renbaan
 
2009-02-12


DIE 12-jarige James de Villiers van Laerskool Courtrai, ’n lid van die Cape Oval Dirt Kart-klub naby Fisantekraal, maak naam in die 160cc-klas vir juniors o.14 jaar.

Hoewel James verlede jaar in September vir die eerste keer in sy lewe aan go-kart wedrenne begin deelneem het, het dié graad ses leerder se bestuursvernuf so vinnig gevorder dat hy tydens die laaste vier byeenkomste as wenner uit die stryd getree het.

In sy klas beklee James tans die tweede posisie op die klub se punteleer en hy hoop om die agterstand wat hy met sy eerste wedrenne gehad het, voor die einde van die seisoen uit te wis.

Ten einde ondervinding op te doen neem James ook gereeld deel by die Swartland Ovaalbaan waar hy dieselfde sukses behaal het.

Die klub het op 31 Januarie ’n wedrendag by die Worcesterskou gehad. Hier het James weer sy vernuf getoon met ’n oorwinning op ’n uiters moeilike baan en spog hy nou met die titel van Worcester se junior go-kart skoukampioen.

Die renseisoen strek vanaf September tot Mei en die klasse waarin meegeding kan word, is 160cc, 200cc, 300cc, 390cc en 390cc-gemodifiseerd.

Regulasies vir elke klas verseker dat jou bestuurstegniek en vermoë om die motor se hanteringsbalans korrek op te stel, deurslaggewend is en die uitkoms bepaal - nie hoeveel geld jy op ’n go-kart kan spandeer nie.

Die sport in die Wes-Kaap is nog in sy kinderskoene en daarom word baie gedoen om die sport wyer bekend te stel.

Baie vroue en jong meisies ding op gelyke voet mee en laat hulleself deeglik geld.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za