Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gian Groen by Bôrdienghuis

Gian Groen by Bôrdienghuis
 
2009-02-12


VIER Valentynsdag op 14 Februarie in Die Bôrdienghuis-teater by die Breytenbach-sentrum om 20:00 met ’n intieme vertoning deur die gewilde sanger, Gian Groen.

Gian Groen het sy loopbaan te danke aan die eertydse rockgroep, Spinnekop. Ongeveer nege jaar gelede het Spinnekop afgeskop met treffers soos Tiger en Louise en Binneland In.

Daarna het Groen albums die lig laat sien soos Groen Kitaar, Met die Maan Gepla, Lied van die Engele en die onlangse Welkom in Somersburg.

Dit is veral met bekende treffers soos Vier Seisoene Kind dat Gian Groen hom as een van die varsste stemme en beste liriekskrywers in Afrikaans gevestig het.

Wat hierdie Valentynsaand meer spesiaal maak, is die romantiese kersligete wat spesiaal vir die geleentheid gemaak word.

Kaartjies is R80 en kan bespreek word by 021-808-2901 of 021-873-6159 of stuur ’n e-pos na teater@breytenbachsentrum.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za