Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gratis kaartjies vir Romanz

Gratis kaartjies vir Romanz
 
2009-02-12


DIE nuwe sangsensasie, Romanz, wat die hele land aan die praat het, tree hierdie naweek (Vrydag tot Sondag) by die Oude Libertas-amfiteater in Stel­len­bosch op.

Lesers staan ook ’n kans om een van drie dubbelkaartjies vir Vrydagaand 13 Februarie se vertoning los te slaan.

Die nuwe groep, bestaande uit die vier ultra-musikale jongmanne, is saamgestel deur die bekwame hande van die kreatiewe span by Select musiek, en het sedert hulle bekendstelling in September nog net groot hoogtes bereik.

Dié vierstuks, Louis Loock, André Venter, Adam Barnard en Burgerd Botha se musiek word bestempel as “sielvol, romanties, harmonieus en ’n meesterstuk van sy tyd in Afrikaanse musiek”.

Die vertonings begin om 20:15. Bespreek by Computicket of die Oude Libertas by 021- 809-7473 of 021-809-7380. Of besoek www.oudelibertasamphitheatre.co.za.

* Om twee gratis kaartjies te wen, stuur jou naam en telefoonnommer en die woord Romanz per e-pos aan edit@paarlpost.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za