Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wêreldreis van musiek by Woordfees

Wêreldreis van musiek by Woordfees
 
2009-02-12


DEUR sommiges word Niël Rademan as die boere-chansonier of bloot dié nuwegenerasie-minnesanger beskou. Kom oordeel maar self wanneer hy en Rika Vermeulen op 11 Maart tydens die Woordfees op Stellenbosch optree.

Die vertoning, ’n Boereseun en ’n Blondine, word by die Konservatorium vir Musiek op Stellenbosch, aangebied. Bespreek by Computicket.

Rademan het gehore landwyd gaande met sensitiewe vertolkings van Afrikaanse volksmusiek en Europese chansons terwyl Rika Vermeulen geroem word vir haar passievolle musikaliteit.

Die vertoning wissel tussen klassieke klavierwerke en populêre sang.

Die gedugte musiekpaar neem gehore op ’n wêreldreis wat ’n boereseun onderneem het om uiteindelik agter te kom dat hy ’n ewige hunkering na sy eie land sal hê - probleme of te nie.

Met virtuose klavierspel en ’n gimnastiese stem, beloof hul om weer die lied en die poësie in musiek terug te bring.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za