’n UITSTALLING van Manfred Zylla, Faces of the Western Cape, word vanaand om 19:00 by die Breytenbach-sentrum op Wellington geopen.
Faces of the Western Cape is deur Kunstekaap gekonseptualiseer as deel van hulle landelike projekte.
In 2007 het Manfred Zylla houtskoolportrette voltooi van die inwoners van Saron. Met hierdie projek is daar trots en waardigheid aan die mense van Saron teruggegee.