ALLE laerskole in Wellington en omgewing kry vanjaar die geleentheid om tydens die dorp se jaarlikse Oesfees te wys waartoe hulle op kunsgebied in staat is.
Die Breytenbach-kultuursentrum op Wellington het in samewerking met die Oesfees alle laerskole uitgenooi om voorbeelde van leerlinge se visuele kuns, asook hul vaardighede met danse en voordragkuns tydens die Oesfees tussen 17 Maart en 21 Maart by die sentrum ten toon te stel.
Visuele kunswerke van laerskoolleerders sal vir die duur van die Oesfees in van die sentrum se kunslokale uitgestal word.
Vir meer besonderhede oor die kunsweek kontak Lizé Hattingh by 073-341-5002.