VANAAND om 19:00 is die laaste kans vir Valentyns-geesdriftiges om Hoër Meisieskool Paarl se Valentynsroete te volg.
Vyf huise in die gebied van die skool is versier met ’n Valentynstema en word aan die publiek oopgestel.
Smaaklike piekniekmandjies word ingesluit wat op die skool se hokkieveld geniet kan word.
Daar is ook stalletjies en aktiwiteite vir kinders, soos om liedjies aan hul “Geheime Liefde” op te dra.
Kaartjies is R50 (R30 vir kinders) en kan by die skool gekoop word, of skakel 021-872-1730 vir besprekings van piekninekmandjies.