DIE organisasie People Living with Cancer (PLWC) het onlangs ’n tak geopen op Stellenbosch en stel hul dienste beskikbaar vir kankerpasiënte in die streek, insluitend Somerset-Wes en Paarl.
Die doel van die PLWC is om mense met kanker te ondersteun tydens die diagnose- en behandelingfase van die siekte.
PLWC is ’n nie-regeringsorganisasie wat gestig is om nuutgediagnoseerde kankerpasiënte die geleentheid te gee om met iemand wat deur die kankerbehandelingsproses gaan, te ondersteun.
PLWC bied die geleentheid om met opgeleide vrywilligers te gesels wat ’n soortgelyke kanker oorkom het en wat deur dieselfde trauma is.
Die feit dat die “buddie” die behandeling oorleef het, stel hulle gerus en gee hulle ook hoop en waardevolle inligting om hulle te bemagtig vir hulle eie behandelings- proses. Ondersteuning deur ’n “buddie” wat self deur die ervaring is, het ook baie meer kredietwaardigheid.
Mense wat belang stel om die groepbyeenkomste by te woon kan vir Margaret by 021-949-4060 vir meer besonderhede kontak of besoek www.plwc.org.za of skakel die “Kanker Buddie” lyn by 076-775-6099.
Die eerste byeenkoms sal plaasvind op 25 Februarie om 18:30 by Loubser du Plessis Geoktrooieerde Rekenmeesters te Helderbergstraat 10, Stellenbosch.