KOM ervaar by Nederburg die plesier om op Saterdag 7 Maart self druiwe in die wingerd te pluk en dan te proe hoe dit deur die verskillende stadiums van sap tot wyn gemaak word.
Begin met ’n glas vonkelwyn as verwelkoming, waarna die wynmaakspan verduidelik hoe om die beste trosse uit te soek.
Die geparste druiwesap word eers geproe, dan die gistende mos, gevolg deur enkele tenkmonsters sodat jy kan ervaar hoe druiwe deur die verskillende stadiums tot wyn gemaak word.
Tradisionele mosbolletjies, waarin gistende mos pleks van suurdeeg gebruik word, sal ʼn ekstra dimensie tot hierdie ervaring byvoeg.
Ná die plukkery word ’n heerlike fynproewersete in piekniekstyl saam met Nederburg-wyne op die grasperk voor die historiese opstal bedien.
Komplimentêre toere deur die Nederburg-kelder om 11:00, 14:00 en 16:00 bied die geleentheid om vyf van Nederburg se bekendste wyne te proe.
Plukkers staan ’n kans om ná ’n trekking ’n geskenkpak met Nederburg-wyne te wen. ’n Hoed, sonbrandroom en gemaklike stapskoene is gepas vir die geleentheid.
Dit begin om 08:30 tot 17:00 en beloop R160 per persoon (piekniekmiddagete en ’n bottel Nederburg-wyn vir elke twee persone), en R50 per kind jonger as 12 jaar.
Besprekings is noodsaaklik. Kontak Sunette Rust by 021-862-3104 of stuur ’n e-pos aan nedwines@distell.co.za