Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drukwerk gaan voort

Drukwerk gaan voort
 
2009-02-12


TEN SPYTE van ’n brand wat Saterdagoggend uitgebreek het in die fabriek van Paarl Gravure in Montague Gardens, Milnerton, sal die lewering van drukwerk, waaronder verskeie bekende tydskrifte, nie geraak word nie.

Dit is een van die aanlegte in die Paarl Media Groep.

Geen personeel is beseer nie, maar een van die drukperse by die fabriek is deur die brand vernietig.

Kenners is tans besig om die omvang van die skade te bepaal.

Brandweermanne het sowat twee uur lank geswoeg om die vlamme in bedwang te bring nadat die brand omstreeks 06:45 Saterdagoggend uitgebreek het.

Onder die tydskrifte wat op dié pers gedruk word vir Naspers, is Huisgenoot, You, Sarie en Fairlady. Skade van minstens R400 miljoen is aangerig.

Die vervangingswaarde van die rolpers alleen, wat uit Italië ingevoer is, word beraam op R200 miljoen.

Die Paarl Media Groep bestaan uit elf aanlegte regoor Suid-Afrika wat kliënte verseker van omvattende ondersteuningsfasiliteite en kapasiteit in tye soos hierdie, sê woordvoerder Nelia Burger.

Lewering van werk sal nie deur die brand beïnvloed word nie, aangesien digitale tegnologie verseker dat elektroniese oorplasing van materiaal na ander aanlegte kan geskied.

Besigheid gaan dus normaalweg voort, het Lambert Retief (voorsitter) gesê.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za