Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hillcrest maak stem dik in tienmanrugby

Hillcrest maak stem dik in tienmanrugby
 
2009-02-12


DIE gemengde span van Wellington, die Hillcrest Tigers, het behoorlik aandag getrek tydens die Cape Town Tens rugbytoernooi, wat die afgelope naweek in Kaapstad plaasgevind het. Hulle het beslis nie ’n tree teruggestaan vir die groot name en goedvoorbereide spanne nie.

In hul eerste wedstryd tydens dié toernooi, wat plaasgevind het by Hamiltons Rugbyklub (en moontlik gemaak is deur legendariese Springbokke soos Bobby Skinstad en Robby Fleck), het die Tiere ’n gelykopuitslag van 12 elk behaal teen Durbanville.

Die wedstryd was so naelskraap dat ’n verbroude doelskop deur die Tiere die enigste verskil was tussen ’n wen en ’n verloor.

In die Tiere se wedstryd teen ’n goed afgerigte Ikey-span, het te min balbesit uiteindelik die Wellingtonners se ondergang beteken.

Die span van die Universiteit van Kaapstad was heeltemal te fiks vir hul opponente.

Die hoogtepunt vir die Tiere was egter om teen hul helde te staan te kom wat vir die WP Vodacom-span in aksie was.

Dié wedstryd het slegs 15 minute na die vorige wedstryd afgespeel. Nadat die rustyd- telling 14-0 was vir WP, het laasgenoemde se fiksheid en samespel die Tiere se moeë lywe tot oorgawe gedwing om uiteindelik met 43-0 te wen.

Sondag het die toernooi voortgeduur, met Collegians van Mitchell’s Plain wat nie opgedaag het vir hul wedstryd teen die Tiere nie en dus die Wellingtonners hul eerste volwaardige oorwinning ontneem het.

Die Tiere se laaste wedstryd was teen die SA Illustrated Legends en die Wellingtonners was oorgehaal om vir die span van Bob Skinstad en Robbie Fleck ore aan te sit. Met die hulp van manne soos Wylie Human het die Legendes egter met 14-0 koning gekraai.

“Die hoogtepunt was egter om deel te neem aan ’n fantastiese toernooi en om deur die groot skares toegejuig te word,” sê Adnaan Arnold, spanbestuurder van die Hillcrest Tigers.

“Die Tiere beoog om in die toekoms gereeld aan sulke toernooie deel te neem.”




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za