Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Seisoen in sig vir rugbyklubs

Seisoen in sig vir rugbyklubs
 
2009-02-12


DIE Windmeul United Rugbyklub oefen Dinsdae en Donderdae om 19:00 by Windmeul Laerskool in Agter-Paarl. Vriendskaplike wedstryde geskied 22 Februarie teen Atlantis, 28 Februarie teen Young Peoples, 14 Maart teen Franschhoek United, 21 Maart teen Newtons en 28 Maart teen Albions. Vervoer kan gereël word. Kontak 072-105-7032.

* Riverstones oefen Dinsdae en Donderdae op New Orleans krieketvelde om 18:00. Die klub vergader Maandagaande by New Orleans Sekondêr om 19:30. Riverstones ondersteunersklub hou Sondag om 15:00 ’n vergadering by Martha Adams se woning.

* Young Standards kom op Dinsdae en Donderdae bymekaar vir oefeninge by Ebenezer Primêr. Die klub hou sy jaarlikse familie/krieketdag Sondag 1 Maart. Alle oud-spelers en voornemende spelers is welkom.

Kontak 083-443-1223.

* Violets Rugbyklub nooi alle oud- en nuwe spelers uit om ’n bring-en-braai op 21 Februarie by te woon om reëlings vir die Paastoer te bespreek. Die bymekaarkom sal om 14:00 plaasvind by Paulus Joubert Hoërskool. Violets se seniors oefen Dinsdae en Donderdae. Die juniors begin op 17 Februarie. Kontak 083-668-0231.

* Newton RFC bied op 21 Maart sy jaarlikse uitkloptoernooi aan. Die klub nooi alle belangstellende klubs om A en B spanne inskryf.

Newtons se vriendskaplike wedstryde begin op 21 Februarie teen Darling, op 28 Februarie teen Young Stars, op 7 Maart teen Laer Paarl en op 14 Maart teen Vineyards. Kontak 073-127-5906 of 079-856-2759.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za