Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples se derdes word gekroon

Peoples se derdes word gekroon
 
2009-02-12


DIE derde krieketspan van Young Peoples het die naweek die vreugdevure hoog laat brand toe hulle Saterdag vir Paarl III met 21 lopies geklop het, en Sondag vir Oostelikes op Bolandpark in die Pro-20 finaal ook ’n loesing gegee het.

Na afloop van die Pro-20 finaal is Peoples se derdes welverdiend as die kampioene gekroon.

Saterdag het Peoples eerste gekolf en 215 behaal danksy ’n pragbeurt deur Adiel Cassiem (83, 12x4).

Vir Paarl het Elton du Plessis (2/2 in 2bb) en K Cupido (3/49 in 9bb) die beste gevaar met die bal.

Paarl het baie positief gaan kolf, maar paaltjies op reëlmaat verloor om uiteindelik te eindig op 178, almal uit, na 37 boulbeurte.

Weereens was dit Werner Cupido (4/38) wat vir Peoples met die bal uitgeblink het.

Sondag was dit egter die groot dag op Bolandpark toe Peoples se derde span vir Oostelikes III in die Pro-20 finaal met 4 lopies geklop het.

Peoples het eerste gekolf en kon slegs 95/9 in 20bb behaal nadat Oostelikes se boul- en veldwerk absoluut uit die boonste rakke was.

Slegs Lee-John Julies (38,3x4) kon enige weerstand bied met die kolf.

Peoples het gaan veldwerk doen en Oostelikes het die lopies begin jaag toe hulle na slegs vyf boulbeurte reeds 35/1 op die telbord gehad het.

Die Tiere het egter skielik hul veldwerk opgeknap na ’n skitterend vangskoot deur Keenan Pick, en dit het die wedstryd vir die Paarliete geswaai.

Peoples het al hoe beter geboul en die druk behoorlik toegepas om Oostelikes te beperk tot 91/9 in 20bb.

Vir Peoples het Julies (2/20 in 4bb), Sam Titus (3/17 in 4bb), Cameron Engelbrecht (1/8 in 3bb) en Melvyn Jackson (2/9 in 2bb) die laaste boulbeurte goed onder druk geboul.

* Eerskomende Saterdag is dit weer “derby-tyd” wanneer Peoples I en II onderskeidelik teen Paarl I en II op Daljosafat kragte meet.

Peoples III kom Sondag teen Northdene te staan in ’n wegwedstryd.

* Young Peoples Krieketklub hou môre ’n dans by Charlie`s Nagklub in Daljosafat.

Toegang beloop R15 per persoon. Alle ondersteuners en oud-spelers word gevra om die dans by te woon. Kontak Richard Davids by 082-379-2544.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za