Moseline haal SA vrouekrieketspan se oefengroep
2009-02-19
MOSELINE DANIELS, in graad 11 by New Orleans Sekondêr, was onlangs ingesluit in die SA vrouekrieketspan se oefengroep van 21 spelers. Daniels het uiteindelik nie die finale groep gehaal wat binnekort gaan deelneem aan die wêreldbekertoernooi vir vroue in Australië nie. Haar toekoms blink egter helder aangesien sy Boland se o.19 meisiespan reeds die afgelope vyf jaar verteenwoordig het en sy ook die afgelope twee jaar die SA skolespan gehaal het.
More
News
|