Gim en HJS slaags in krieket
2009-02-19
DIÉ naweek is weer interskoletyd wanneer die twee aartsvyande van die Paarl, Hoër Jongenskool en Hoërskool Gimnasium, mekaar die stryd aansê op die krieketveld. Met HJS se eerste span die huidige interskole-kampioene, en met dié span gevul met provinsiale spelers, sal hulle weer die gunstelinge wees om Saterdag koning te kraai teen die onervare span van Gim. Die eerste spanne sal kragte meet op die krieketveld by Gim, met die o.15’s wat ook daar in aksie sal wees. Die tweede spanne en die o.14’s sal op HJS se velde in aksie wees. Die wedstryde bestaan uit 50 boulbeurte en begin Saterdag om 09:00.
More
News
|