Węreldkampioenspan van Chili speel teen kookwater SA span
2009-02-19
DIE FIP (Federasie vir Internasionale Polo) Polo- węreldbekerkampioene van Chili kan ’n vurige verwelkoming deur die Suid-Afrikaanse span te wagte wees in die BMW internasionale kragmeting op Val de Vie Landgoed in die Paarl op 28 Februarie. Die Chileense span, wat versterk word deur die teenwoordigheid van die broers Matias en Alejandro Vial, beide spelers met ’n sesdoel-voorgee, sal ’n groot uitdaging bied vir die plaaslike spelers, maar gaan met ’n SA span te doen kry wat hou van ’n vinnige pas. “Ons wil ’n vertoning vir die toeskouers lewer waar ons die wedstryd wyd speel,” het die SA spanlid Richie Pohl gesę. “Ons gaan probeer om te verhoed dat die tempo van die spel afneem, want dit is baie meer opwindend vir die toeskouers wanneer die spel oop is.” Chili het die 2008 FIP Węreldbeker in Mexiko gewen. Alhoewel hulle as gunstelinge sal begin, beloof die kragmeting om ’n naelbytstryd te wees met die SA span wat oortuig is dat hulle ’n oorwinning kan inpalm. Die Suid-Amerikaners kan nie hulle eie ponies na Suid-Afrika bring nie, en gaan dus op top Suid-Afrikaanse polo-ponies ry. Clifford Elphick, Suid-Afrika se toonaangewende polobeskermheer en eienaar van die bekende Kurland Poloklub in Plettenbergbaai, het 18 van sy beste ponies aan die besoekers geleen vir die kragmeting. Met ’n beperking van ’n 14-doelvoorgee per span, is die voorste Suid-Afrikaanse spelers vir die toernooi Gareth Evans en Guy Watson, wat beide spelers met ’n vyfdoelvoorgee is. Die ander twee spanlede is Pohl met ’n vierdoelvoorgee en Tinker Makhane wat ’n nuldoelvoorgee het. Hy is een van die ontwikkelingspelers wat opgang maak in die Suid-Afrikaanse polokringe. Hy sal die eerste swart speler wees wat SA verteenwoordig. Makhane is in Plettenbergbaai gestasioneer, wat waarskynlik die land se mees vooraanstaande polostreek is met drie topklasfasiliteite, en hy het ’n goeie seisoen op die plaaslike toneel gehad. Die 31-jarige Pohl het geweldig baie ondervinding en is ’n man waarop die span swaar gaan steun teen die Chilene. “Ek dink ons twee spelers met ’n vyfdoelvoorgee kan meeding met hulle twee spelers met ’n sesdoeIvoorgee, dus sal die taak op my rus om voordeel te trek uit die persoon met die eendoel-oorgee wat ek sal teiken,” het Pohl gesę. “Dit is in elke geval hoe dit teoreties behoort te werk.” Kaartjies vir hierdie glansryke geleentheid is te koop by Computicket en Shoprite landwyd. Om jou BBP- kaartjie te bespreek, kontak Circa Hospitality by 011-347-1300 of gaan na www.circa.co.za.
More
News
|