Wellington troef Malmesbury
2009-02-19
DIE eerste krieketspan van die Bella Roma Wellington Krieketklub het Saterdag teen Malmesbury te staan gekom. Wellington het die loot gewen en eerste geboul. Wellington se boulers was in ’n verwoestende toestand en Malmesbury kon slegs 121 lopies aanteken voordat al hul spelers terug kleedkamer toe gestuur is. Met Wellington se J Swanepoel (2/19 in 9 bb), I Opperman (3/20 in 9 bb) en J du Plessis (2/35 in 9 bb), kon slegs Malmesbury se B Lottering (20, 4x2) effense teenstand bied. Wellington het gaan kolf en die wenlopies reeds in die 22ste boulbeurt aangeteken, met 122 lopies vir die verlies van drie paaltjies. Wellington se beste kolwers was Du Plessis met 33 lopies (5x4) en W Groeneveld met 24* lopies (4x3). Wellington wen dus met sewe paaltjies. * Wellington speel Saterdag tuis teen Worcester.
More
News
|