Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nasionale Vrouedag gevier

Nasionale Vrouedag gevier
 
2005-08-04


NASIONALE VROUEDAG, Dinsdag, word vanjaar met verskeie funksies in die vallei gevier.

Die Afrikaanse Taalmuseum en die Wes-Kaapse Teatergeselskap bied Dinsdag ’n Peter Voges vertoning, ‘Tee met die Tannies’, in die Taalmuseum Historium in die Paarl aan.

Dit is die storie van Oupa Hannes en Ouma Gina en hulle strewe na ’n beter lewe ná hulle bevryding in 1838.

Dis ook die storie van hulle kinders se strewe na opvoeding, die bruiloftradisies en die begrafnisse... en veral van die bakkery en brouery - alles ter voorbereiding van een of ander spesiale geleentheid.

Geniet ook tee en koekies saam met die museum. Die vertoning begin om 09:30 vir 10:00 en kaartjies kos R10 elk. Voorafbespreking is noodsaaklik. Bespreek by Natasha-Lee Bushby by 872-3441.

* Die polisie en hofbeamptes bied Maandag van 14:00 tot 16:00 ’n spesiale program in die Flappie Lochner-saal, met ’n hoed-tema.

Ná die opening deur ds Sharisse Welgemoed is landdros Antoinette Vermoten aan die woord. Supt Santie Kinnear praat oor die kwesbaarheid van die vrou en staatsaanklaer Jacomina Swart oor gesinsgeweld.

Daar is dansitems en ’n uitvoering deur die Polmusca polisiekoor, asook ’n gelukkige trekking.

Tee en verversings word aangebied. Navrae by kapt Petronella Horne 873-2913.

* Die Hervormde Rehoboth Kerk hou hul jaarlikse vroue-saamtrek Dinsdag om 10:00 in die kerk se saal op die hoek van Simfonie- en Barthlomiaslaan in Groenheuwel, Paarl.

Verskeie vrouesprekers sal optree, onder andere suster Emelia Pedro. Navrae by susters Ophelia Pedro (082-788-7743), EJ Pedro (084-873-61700 of Heleen Conradie (072-273-3230).

* Die Women on the Move groep van Carterville het Dinsdag van 10:00 tot 14:00 ’n spesiale byeenkoms in die Colibrisaal in Carterville.

Benewens ’n driegang-maaltyd sal daar ook inspirerende praatjies wees.

Die jeugsanggroep van die Wagenmakersvallei VGK, Trumpets of God, sal ook gehoor kan word, terwyl die Spiritual Dancers van Women on the Move ook ’n uitvoering sal gee.

Kaartjies is R20 by Maria Diedericks by 864-2081.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za