WAT het geword van goeie dienslewering die klassieke styl waar die kliënt eerste gestel word?
As ek nie in elle lange rye by die Poskantoor moet wag omdat van die personeellede op “tee-breek”- let wel teen 11:30 die môre is - dan moet ek hoor hoe drie susters by die kliniek my nie kon help nie, want hulle is “besig”.
Besig om te vertel hoe ’n pasiënt vanoggend met rowe oortrek en “vuil” was. Is dit dan nie ’n liefdesberoep nie? Daar word nêrens vir jou gewys waarheen jy moet gaan nie. Jy voel skoon onwelkom!
Asof dit nie genoeg is nie, is ek hierna na ’n inkopiesentrum in die Paarl Mall om inkopies te doen, maar nie minder as vier items is nie geprys nie.
Simpel goedjies soos gif, tandeflos en batterye onder andere laat my leë hande huis toe keer.
Waar is die dae waar die kliënt eerste gestel is - en nie sy beursie of velkleur nie?