ONS wil graag Paulus Joubert Primêr geluk wens met sy 50ste verjaarsdag.
In ’n tyd waar almal kla oor swak onderrig en leer, wil ons as oud-hoofseun en oud-hoofdogter ’n lansie breek vir ou Goud en Blou.
Paulus het nie net die fondasie gelê vir ons professionele lewe nie, maar het ons holisties opgevoed.
Aan alle leerkragte wat so onbaatsugtig opgeoffer het: baie dankie. Deur die jare het u “produkte” op alle sfere van die samelewing uitgestyg.
Ons skool het sy regsgeleerdes, mediese personeel, verpleegsters en dokters (selfs een wat op die Mediese Navorsings- raad dien), onderwyslui en skoolhoofde opgelewer.
Aan mnr Isaacs en sy span: sterkte met die jaar se feesvieringe.
Ons sal nooit woorde genoeg hê om almal wat ons onderrig en help vorm het, te bedank nie!
Paulus, vir ons sal jy altyd die beste wees. Doen so voort.
Clint Brink (Hoofseun 1992) en Vicki Brink (Hoofdogter 1998)