SEDERT Desember het ek twee klippe in my skoen wat eers uitgeskud moet word.
Eerstens die aanskakeling van die liggies in Lady Greystraat: Kan ons munisipaliteit dit regtig bekostig? Kaapstad gebruik een Sondagaand,wat heel toepaslik is, hiervoor. Paarl het ’n naweek van lawaai hiervoor nodig.
Tweedens, matriekuitslae: Dat daar op die parkeerplek van ’n winkelsentrum gefuif en rumoer moet word tot 04:00 in die oggend, gaan my verstand te bowe.
As dit is wat die kinders van die Paarl oor twaalf jaar geleer het, het die ouers en opvoeders jammerlik gefaal.
Die uitslae is alreeds gedurende die dag by al die skole beskikbaar.