Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lief-lief deur Afrikaans

Lief-lief deur Afrikaans
 
2005-08-04


LIEF-LIEF deur Afrikaans met Johann Nel en Joanie Combrink word Woensdag om 19:30 in die Paarl Gimnasium Ouditorium deur die Vriende van Afrikaans se Paarl-tak aangebied as deel van Afrikaansweek (8 tot 14 Augustus).

Dis ’n “moet sien” vir almal wat lief is vir poësie, lief is vir Afrikaans en lief is vir die liefde!

Nie alleen word van die mees klassieke liefdesverse in Afrikaans in hierdie stuk gebruik nie, maar ook van die minder bekende (dog ewe opwindende!) verse in Afrikaans.

Kom stap saam met AG Visser deur sy blomtuin, kom ril opnuut by ID du Plessis se Rietfontein, kom flankeer met die liefde op die maat van Zandra Bezuidenhout se “Tango” en deel in Koos Kombuis se pseudo-sinisme oor die liefde - daardie emosie-allegaartjie wat geen sterfling ooit in sy aardse lewe ontsnap nie.

Die gehoor word verder meegesleur deur die pragtige saksofoonspel van Renée Belcher, dogter van digter Ronnie Belcher.

Kaartjies kos R40 (R25 vir skoliere). Bespreek by Elsa Olivier van die VVA Paarl-tak by 863-3839. Kaartjies is ook te koop by die Afrikaanse Taalmuseum in Pastorielaan.

* Adam Small se klassieke verhoogstuk “Kanna Hy Kô Hystoe” word Maandag en Dinsdag om 19:00 in die Paarl Gimnasium Ouditorium aangebied.

Kaartjies kan by Shoprite of Checkers se Money Markets gekoop word of op die webblad www.ticketshop.co.za.

* Op Vrydag 12 Augustus vind ’n voorleesaand deur lede van die Afrikaanse Skrywersvereniging en ander skrywers by die Taalmuseum Historium plaas. Dit begin om 19:00 vir 19:30 en toegang is gratis. Skakel Petro Rhode by 862-9874 om voor te lees.

* Op Saterdag 13 Augustus bied die Daljosafat Leeskring ’n skrywersmiddag met Marlene van Niekerk, skrywer van “Agaat”, aan by Lemoenkloof Gastehuis. Kaartjie kos R30 en dit sluit ook ’n ligte middagete in. Die funksie begin om 11:30 vir 12:00.

Bespreek by Christine Joubert by 862-8133 of by Heath Joubert by 872-5411.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za