Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Is padreëls dan net vir die publiek?

Is padreëls dan net vir die publiek?
 
2009-02-19


EK kry nog steeds beamptes wat nie weet hoe werk ’n sirkel nie. Nou vind ek uit hulle weet ook nie waar jy mag parkeer nie.

Sondagoggend 8 Februarie net voor elf stop CJ 40453 op ’n geel streep en gaan doen inkopies by Checkers (terloops baie parkering was beskikbaar).

By die Bredastraat en Lady Grey robot besluit beampte nommer 2 wat in ’n baan staan wat slegs reguit of links mag gaan, hy wil regs in Lady Greystraat op, agter beampte nommer 1 aan, en maak ook toe so.

Op Donderdag 12 Februarie net voor 15:00 is ek geparkeer net voor ’n rooi streep, beampte nommer 3 kom, hou doodrustig voor my stil op die rooi streep en gaan koop koeldrank (CJ 11464).

Ag nee beamptes, julle moet onthou daar is baie mense met “gekoopte” lisensies wat nou leer hoe om te bestuur, deur na my en jou te kyk.

Sò leer hulle nou verkeerd. Probeer maar ook by die reëls hou asseblief.A Esterhuizen




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za