Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Landkunstenaar gee lesing

Landkunstenaar gee lesing
 
2009-02-19


DIE bekende landkunstenaar, Strijdom van der Merwe, bied op Saterdag 21 Februarie om 11:00 ’n lesing aan oor Landkuns.

Dít vorm deel van sy uitstalling Exploring Lines wat tans by die nuwe galery Red, Black and White in Bosman’s Crossing, Stellenbosch, aangebied word.

Die praatjie handel oor die geskiedenis en ontwikkeling van hierdie besondere kunsvorm gedurende die sestiger jare in die Verenigde State van Amerika.

’n Omvattende skyfievertoning sal belangstellendes bekend stel aan werke van onder andere Michael Heizer en Walter De Maria en ook ondersoekend kyk na die benadering uit ’n Europese konteks met spesifieke verwysing na die werk van Richard Long en Bob Versheuren.

Die verskillende vertakkings wat binne die “Landkuns” genre aangetref word asook ’n kykie in die toekoms en die rol wat dit kan speel tot die bewusmaking van aardverhitting vorm sentrale temas.

Die lesing sluit baie beeldmateriaal van die verskillende kunstenaars en hulle benadering tot die natuur en die kunsvorm self.

Vir meer inligting, skakel Janri by die Galery 021-886-6281 of loer gerus op hul webblad by www.redblackandwhite.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za