Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Busse aangeval

Busse aangeval
 
2009-02-19

Lise Beyers

TALLE leerders van Agter- en Suider-Paarl is Donderdagoggend gestrand gelaat, weens taxi-geweld wat vanuit Kaapstad na dié gebied oorgespoel het.

Benjamin Busdienste, wat verantwoordelik is vir die vervoer van 3500 leerders dwarsoor die Drakenstein gebied, moes noodgedwonge hul dienste staak, nadat twee van hul busse Woensdagmiddag aangeval en beskadig is.

Hierdie aanvalle spruit uit taxi-stakings wat verlede week in Kaapstad ontstaan het. Taxi-eienaars is ontevrede oor die geïntegreerde snelbusdiens wat deur die Stad Kaapstad beoog word.

Benjamin se busse is aangeval in Klapmuts en Agter-Paarl, en eienaar Nazeem Benjamin vertel dat duisende rande se skade aangerig is.

“My busse is tot stilstand gedwing deur voertuie wat vermoedelik aan taxibase behoort. Hierna is ruite uitgegooi met groot klippe.

“Een van hierdie klippe het bo-op my drywer se skoot te lande gekom, en hy is steeds erg geskok hierdeur.”

Benjamin het nóg dreigemente ontvang dat sy busse beskadig sal word as hy nie sy diens staak nie, dus moes hy besluit om Donderdag nie hierdie roetes te gebruik nie.

“My lojaliteit lê by my kliënte, maar ek kon nie toelaat dat hul veiligheid bedreig word nie.”

Die Paarl polisie moes Woensdagmiddag tussenbeide tree toe ’n konvooi taxi’s vanuit Kaapstad onderweg was na die Paarl. Daar word vermoed dat hulle hierheen sou kom om juis Drakenstein taxiverenigings op te stook.

Hulle planne is egter vinnig gestuit, toe hulle nie toegelaat was om tot in die Paarl te vorder nie.

Maar dit is skoliere wat aan die kortste ent getrek het.

Van hulle het Donderdagoggend self hul weg gevind vanaf Suider-Paarl na skole in Paarl-Oos. Hulle moes die middag in versengende hitte kilometers ver huis toe stap.

Ander het weer die maklike uitweg gekies om tuis te bly, en skoolwerk mis te loop.

’n Woordvoerder van die onderwysdepartement het gesê dat hierdie skaamtelose gedrag van taxiverenigings onaanvaarbaar is, en dit is net die jeug wat hieronder ly.

* Taxi violence in Cape Town spilled over to the Drakenstein area last week, when two buses used to transport schoolchildren were attacked.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za