KAREN ZOID gaan vir die eerste keer by die Oude Libertas Amfiteater op Stellenbosch optree Vrydagaand om 20:15.
Don Reinecke, Rixi Roman en Marlon Green gaan saam met Zoid die gehoor vermaak.
Só word sy ook lid van ’n rits uitgelese kunstenaars wat hierdie eer agter hul naam kan sit; om in een van die mooiste amfiteaters ter wêreld op te tree.
Zoid is in Brussels gebore en het in België en Johannesburg grootgeword.
Die strate van Melville het aan haar die geleentheid gebied om as jong musikant haar skryf-, sang- en kitaarspeeltalent te slyp.
Haar eerste album, Poles Apart, het die verbeelding van kritici en die publiek aangegryp, soveel so dat sy ’n ikoon vir Suid-Afrikaanse jongmense geword het, waarna in die media verwys is as die Zoid Generasie.
Haar albums sluit in Poles Apart, Chasing the Sun, Media and Post Modern World.
Zoid het ook al vir verskeie kunstenaars in Suid-Afrika liedjies geskryf.
In in 2008 het sy die SAMA-toekenning gewen in die kategorie Beste Vroulike Kunstenaar.
Hierdie vertoning beloof om ’n musikale ervaring soos min te wees.