Effektiewe notules
2009-02-19
MET die voldag-werkswinkel, Effektiewe Notules vir Geslaagde Vergaderings, op 20 Maart, wil die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum aan administratiewe personeel die geleentheid bied om op ’n interaktiewe, praktiese wyse hulle vaardighede vir die hou van notules op te knap. Die koste van die werkswinkel is R1050 per persoon vir die voldag-sessie. Dié koste sluit alle werkswinkelmateriaal asook teetydverversings en middagete in. Die werkswinkel word in Engels aangebied en die werkswinkelmateriaal is ook in Engels. ’n Taalvriendelike benadering ten opsigte van die gebruik van Engels en Afrikaans word egter in die werkswinkel gevolg. Die aanbieder is Lorinda Nel. Sy is ’n kundige op die gebied van notules en is reeds sedert 2006 betrokke by hierdie werkswinkel. Belangstellendes kan vir Audrey Poole (taalsentrum@sun.ac.za of tel 021 808 2167) kontak teen 9 Maart. Sien www.sun.ac.za/taalsentrum/EVD.
More
News
|