Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man versmoor in druiwe

Man versmoor in druiwe
 
2009-02-19

Lise Beyers

地 JONG seun moes vandeesweek toekyk hoe sy pa onder 地 vrag druiwe dood versmoor.

Weldon Martin (6) en sy pa Willem, het Maandagmiddag kortpad gevat en 地 geleentheid op 地 trekker gekry na hul woonplek op Leeukuil-plaas teen die hange van Paardeberg.

Op die sleepwa van die trekker was 地 vraghouer met ongeveer een ton druiwe daarin. Pa en seun het na bewering tussen hierdie houer en die sleepwa se tralies gestaan, toe die disselboom onverklaarbaar gebreek het.

Die voorkant van die sleepwa het in die teer vasgesteek, en Willem en sy seun is uit die wa geslinger, en die houer en die druiwe het gevolg. Terwyl Weldon eenkant geval het, het Willem op die teer beland met 地 vrag druiwe bo-op hom.

Teen die tyd wat die nooddienste op die toneel aangekom het, was hy dood. Daar word vermoed dat Willem bewusteloos geraak het na sy val, en toe versmoor het onder die druiwe.

Weldon het gesigsbeserings opgedoen en is na die Paarl Hospitaal geneem vir behandeling.

Willem was 地 algemene werker op die plaas Leeukuil, waar hy saam met sy vrou Magrieta, en kinders Weldon, Keenan (13) en Granville Strauss (2). gewoon het.

* A man was killed when he was smothered under a load of grapes, after a tractor accident.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za