Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Straatmoles: Motor rol weens straatrenne

Straatmoles: Motor rol weens straatrenne
 
2009-02-19

Lise Beyers

VERSKEIE motoriste is vandeesweek gelukkig om te lewe, na ’n gru-ongeluk Saterdagaand in Klein Drakensteinweg, Paarl-Oos.

En na bewering was ’n onwettige straatresies hiervoor verantwoordelik.

Omstreeks 22:30 het ’n BMW en Ford-motor in ’n oostelike rigting in Klein Drakensteinweg gery.

Die Ford het die BMW se sy getref, deur die lug getrek en vasgery in ’n staande VW Polo wat by die verkeerslig by Bougaardstraat stilgehou het.

Die Ford het hierna op sy dak te lande gekom.

Verskeie passasiers is binne die wrakke vasgekeer en moes deur reddingsbeamptes uit die motors gehaal word.

Sewe insittendes is vir behandeling na plaaslike hospitale geneem.

’n Bestuurder van een van die motors is in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed van drank.

Talle omstanders wat in dié gebied woonagtig is, kla oor straatrenne wat vir hulle snags, veral oor naweke, wakker hou.

“Die enigste uitweg,” meen een vrou, “is om spoedhobbels in Klein Drakensteinweg aan te bring. Ons moet heel nag luister hoe dreun die voertuie teen ’n hoë spoed hier verby.

“Ek is eintlik verbaas dat nie meer sulke ongelukke hier plaasvind nie.”

Hierdie gedeelte van Klein Drakensteinweg is bekend vir straatrenne.

Dit is nie ongekend dat ondersteuners hiervan op die stoepe van die Ivanhoe Park-gebou vergader om die resies te aanskou nie.

Die gewildheid hiervan is so groot dat daar selfs geld op die wedrenne verwed word.

Dit is ook nie die eerste keer dat hiér ’n ongeluk plaasvind weens hierdie wedrenne nie.

* Seven people are lucky to be alive, after a horror crash in Klein Drakenstein Road, Paarl East, during street racing.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za