Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Zenobia Klopper in Kaapse kabaret

Zenobia Klopper in Kaapse kabaret
 
2009-02-19


DIE aktrise-sangeres, Zenobia Kloppers wat opgetree het in David Kramer se wêreldbekende musiekblyspel, Ghoema, is binnekort by die Universiteit van Stellenbosch se Woordfees te sien in Die Kaapse Kabaret.

Hierdie is ’n nuwe kabaret, vervaardig deur die Suidoosterfees en Niël Rademan Produksies wat uiteenlopende reaksies die afgelope tyd uitgelok het.

Die produksie is te sien op 13 Maart om 20:00 in Stellenbosch by die Fismersaal (konservatorium vir musiek).

Die tema van die Die Kaapse Kabaret is slawerny en verhale en musiek oor slawerny aan die Kaap word aangebied.

Dié musikale tragi-komedie beloof om een van die mees relevante verhale van ons verlede op ’n roerende, dog vermaaklike wyse te vertel.

Met die kranige spelleiding deur die teaterdoyenne Juanita Swanepoel, is dié kabaret ’n opwindende driepas waarin Klopper en Simone Biscombe – ’n opwindende nuwe gesig op Suid-Afrikaanse teaterverhoeë - en Niël Rademan toneel speel, sing en voordra.

Klopper is daarvoor bekend dat sy haar stem en lyf veelsydig uitleen aan karakters.

“Die Kaapse Kabaret gaan mense só meevoer met die mooiste musiek, iets om elkeen se hartsnare te roer.”

Die produksie is te sien teen R65 en besprekings kan by Computicket (083-915-8000) by Checkers en Shoprite gedoen word.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za