* Karnaval. Nieuwe-Drift Primêre Skool in Noorder-Paarl hou op 20 en 21 Februarie ’n karnaval. Toegang is R15 (kinders R8). Vir meer besonderhede, skakel die skool by 021-872-4217.
* Gedenk. Die Lollipop Kleuterskool hou op Sondag 22 Februarie ’n gedenkdiens ter viering van hul 20ste bestaansjaar in die Holy Trinity Kerk, Hoofstraat, Paarl, om 15:00.
Alle oud-leerders, ouers en belangstellendes word uitgenooi om die diens by te woon.
* Valentynsbal. Bergrivier Hoërskool bied op 20 Februarie om 19:00 in hul skoolsaal ’n Valentynsbal.
Die Newtonians band gaan as deel van hul 60ste bestaansjaarvieringe optree. Kaartjies is R60 per persoon by die skool.
* Moederskapprogram. Die Medi-Twinkle Moederskapprogram van Paarl Medi-Clinic nooi alle swanger paartjies na ’n swangerskap-inligtingsoggend.
Hierdie gratis geleentheid vind plaas op Vrydag 20 Februarie van 09:00 tot 12:00 by Jan Pickard-klubhuis, Hoërskool Paarl Gimnasium. Bespreek by suster Annelise Nel by 021-807-8129.
* Charity. The Miss Matieland Beauty Pageant, a charity benefit featuring Amanda Strydom, will be held on 23 February at 20:30 at the Oude Libertas Amphitheatre.
Tickets cost between R110 and R130.
* Diens. Charleston Hill Primêr vier vanjaar hul 21ste bestaansjaar en nooi alle oud-leerders, opvoeders en almal wat deel is van die skool om Sondag 22 Februarie die kerkdiens by te woon in Bethel Congregational Kerk om 17:00. Oud-leerders word ook versoek om die skool te kontak by 021-862-0440
*Fynproewersmark. Die Paarl se historiese hart word hierdie Saterdag opgehelder met ‘n fynproewersmark vanaf 09:00 tot 14:00 by Dwars-in-die-Weg, Hoofstraat, Paarl.
Daar sal musiek gespeel word, Franse en Duitse gebak, Italiaanse pastas sowel as organiese groente, neute en ‘free range’ hoenders. Alle glas en papier word ook herwin. Vir navrae en aansoeke vir stalletjies, kontak Lize by 082-378-1213.