DIE bekende gospelsanger Louis Brittz, preek en sing Sondag 10:00 in die NG Kerk Suider-Paarl. Toegang is gratis. Vir navrae 021-863-2700.
*Op Donderdag 26 Februarie om 18:30 tree Brittz ook in die Carel Redelinghuys-sentrum by die Hoërskool Gimnasium op.
Leerders van alle skole in die Paarl en omstreke, asook hul ouers en ander belangstellendes, word uitgenooi om dié besondere lofprysingsgeleentheid by te woon.
Dit sluit ook ’n vuurdansvertoning in. Kaartjies is R10. Kontak 082-773-7062.