RADIO KC sal Maandag om 19:00 sy jaarvergadering hou in die saal van die Frank Pietersen musieksentrum.
Die voorsittersverslag en finansiële verslag word bespreek.
Belangstellendes wat betrokke wil raak as direkteure, se CV’s moet vandag ingelewer word by die stasie se kantoor in Fabriekstraat, Paarl.
Vir navrae, stuur ’n e-pos aan esmeralda.stationmanager@gmail.com.