Tuisversorging strek van huis tot huis
2009-02-19
Devidean Moses
MENSE wat verswak of terminaal siek is, of ly aan ’n gebrek of chroniese siekte, hoef nie noodwendig in ’n hospitaal opgeneem te word nie. Opgeleide en toegewyde personeel is gereed om hulle by te staan met ’n deeltydse tuisversorgingsdiens, sodat pasiënte nie hul tuisomgewing hoef te verlaat nie. Die tuisversorging is ’n gemeenskapgebaseerde diens wat as ’n vennootskap tussen die Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement en nie-regeringsorganisasies op gemeenskapsvlak om basiese versorging te gee in die huis deur ’n tuisversorger aan die pasiënt. Versorgers kry opleiding by die nie-regeringsorganisasies, wat moontlik gemaak word deur die Departement van Gesondheid. Voortgaande indiensopleiding word verskaf om te verseker dat dienslewering op standaard is. Daar word egter van versorgers verwag om pasiënte en hul gesinslede in staat te stel om onafhanklik oor die weg te kom. Tuisversorgers werk slegs vier en ’n half ure per dag, vyf dae per week, sodoende is die toegewysde pasiënte in hul werksareas en verdere versorging die familie se verantwoordelikheid. Hierdie dienslewering word gemoniteer deur ’n professionele verpleegster wat toesig hou. Dit sluit ook versorging in tot by ’n waardige sterfbed. Pasiënte wat kwalifiseer is bedlêende pasiënte, geestesgestremde persone, chroniese siek pasiënte en fisiek gestremde persone. TB behandeling en toediening van anti-retrovirale behandeling word ook onder direkte toesig gebied. Tuisversorgers help ook met eenvoudige verbandsorg waar pasiënte nie in staat is om die naaste kliniek te besoek nie. Dienssentrums en bejaardeklubs kan ook aansoek doen vir hulp met die neem van bloeddrukke en uitdeel van chroniese medikasie onder toesig. Dit bied tydige primêresorg-ingryping wat die behoefte aan akute sorg verminder, die lewering van primêre sorg in ’n tuisomgewing en ook ’n holistiese benadering waarin al die betrokkenes meedoen aan spanwerk en die deel van verantwoordelikhede en hulpbronne. Vir navrae, skakel suster Christal Bastian of suster Kay Simpson (koördineerders) by 021-872-1711 om meer inligting te bekom oor die areas waar die dienste beskikbaar is.
More
News
|