Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skool alleen nie meer genoeg

Skool alleen nie meer genoeg
 
2009-02-26


HOE gebeur dit dat jy jou kind skool toe stuur en dan hoor jy hy het ’n hele span terapeute nodig om hom deur sy graad te kry?

Onderwys blyk nou ’n onbegonne taak vir onderwysers alleen te wees. Nie net betaal jy duisende rande om jou kind in ’n skool te kry waar hy of sy nie met 45 ander kinders vir aandag hoef te kompeteer nie, maar liefs 25 of so, nou moet jou mediese fonds ook man staan vir al die ekstra hulp wat jou kind nodig het.

Jy vra jouself waar het jy verkeerd gegaan met jou kind, want duidelik het jou ouers dinge reg gedoen, aangesien jy en jou man of vrou nooit probleme op skool gehad het nie.

Jy kry glad die onderwyser jammer as hulle vertel hoe moeilik hulle dit ervaar om jou kind geleer te kry.

Vra ek ouers met kinders in “gewone” publieke skole of hulle die stres moet deurgaan, is die antwoord telkens negatief.

Is dit omdat min van hulle die terapeute kan bekostig en selde aan ’n mediese fonds behoort?

Ek vat dit van myself, ek kom uit die skole en ja daar was ’n mengelmoes van gedragsafwykings, leesprobleme, leerprobleme, maar die onnie moes maar sien en ons deur die graad kry.

Vandag bemark onderwyser die gepaste terapeut hartstogtelik en sweer jou kind kan nie daarsonder. Jy lees op oor wat hulle dink is fout met jou kind en gee paniekbevange in tot terapie of medikasie.

Tog merk jy onraad want jy merk nie juis ’n verskil in jou kind of sy werk nie – natuurlik rapporteer juffrou wondere na die intervensie.

Elke kind is anders en kom uit ander omstandighede en het ander behoeftes in die klas. Ek dog onderwysers word hiervoor in opleiding voorberei. Dis voorwaar ’n beroep waar jy die ekstra myl moet loop en nie sommer in die eerste kwartaal al tou opgooi en die swaargewigte inroep nie!

Ja, ek kan seker skole wissel, maar die ouer in my is versigtig om die kind te ontwrig, dis te traumaties.

Dis net eenvoudig hartseer as jy probeer om jou kind op die beste manier groot te maak, jy vra raad by die regte mense, lees al die regte hulpboeke, net om te hoor, daar is groot fout met jou kind.

Ek gee toe, partymaal moet jy erken daar is fout wat aandag moet kry, anders gaan die kind daaronder ly, maar my ervaring het bewys dat my ouerlike instink reg was en ander dinge as my kind se beste belange ’n rol speel.

Ouer




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za