Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lag-lag by die tiende US Woordfees

Lag-lag by die tiende US Woordfees
 
2009-02-26


MAARTMAAND in Stellenbosch is sinoniem met aangename weer, druiwetyd - en deesdae natuurlik ook die US Woordfees (6 tot 15 Maart).

Hierdie nasionale feesgeleentheid het oor die afgelope nege jaar van een hoogtepunt na die volgende beweeg. Dit het in jaar gegroei tot 地 unieke weeklange nasionale kunstefees.

Dit open met 創 uitstalling deur die feeskunstenaar Willlie Bester. Daar is ook allerlei nuwighede soos 地 kunsroete en verkoopsuitstallings.

Daar is soos gewoonlik uitstekende dramaproduksies, onder andere Blou Uur deur pryswenner-dramaturg Reza de Wet, met Antoinette Kellerman. Dis 地 heerlike ligte stuk, wat lyk asof dit 地 nuwe hoofstuk vir De Wet inlui.

Die Woordfees is ook gelukkig om die splinternuut afgestofte, immer gewilde Uys Krige-drama, Die Ryk Weduwee onder regie van Juanita Swanepoel, aan te bied

Groot musiekkunstenaars soos Laurika Rauch, David Kramer, Amanda Strydom, Jak de Priester en Coenie de Villiers kom ook kuier.

Kore kraai koning met 地 koorfees vooraf en 地 luisterryke afsluiting met die wenkoor, Tygerbergse Kinderkoor en sangeres Zanne Stapelberg.

Daar is debatte, 地 spesiale leesdag vir onderwysers, skrywersprofiele vir Hennie Aucamp en PG du Plessis wat 75 word, en Chris Barnard wat 70 word.

Prominente Nederlandse skrywers neem deel en verhoudinge tussen Nederlands en Afrikaans word belig.

Die Naaimasjien met Sandra Prinsloo, wenner van die Nagtegaal Teksprys, het so vinnig uitverkoop dat die US Woordfeeskantoor besluit het om 地 ekstra vertoning vir die produksie te skeduleer vir 14 Maart 18:30 in die HB Thom Teater. Die produksie is 80 min lank en kaartjies kos R80.

Die kaartjies is landwyd by Computicket by 083-915-8000 of www.computicket.co.za beskikbaar. Kontak gerus die Woordfeeskantoor by 021-808-3513 of fees@sun.ac.za. Besoek www.woordfees.co.za vir die volledige program.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za