Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoekom is hierdie borde dan so groot?

Hoekom is hierdie borde dan so groot?
 
2005-08-04


HOE werk die munisipaliteit se regulasies? Ek kan dit nie verstaan nie.

In Hospitaalstraat is ‘n man wat van sy huis af vis verkoop, verplig om sy bord van die sypaadjie af te haal en ‘n kleinerige bord op sy eie perseel aan te bring.

Alle eiendomsagente is ook verplig om borde van ‘n sekere formaat aan te bring waar eiendom in die mark is.

Net een persoon het borde so groot soos ‘n waenhuis, maar geen haan kraai daaroor nie.

Wat sê die munisipale regulasies oor die grootte van borde? Het hierdie eiendomsmakelaar dalk kontakte wat ons gewone mense nie het nie?

Wonder maar net

‘n Munisipale woordvoerder reageer: Daar is spesifieke neergelegde standaarde wat betref grootte asook voetgangerspasie wat beskikbaar moet wees ten opsigte van die plasing van vrystaande en ander advertensietekens. Aansoeke moet aan die Hoof Korporatiewe Dienste, Posbus 1, Paarl gerig word.

Waar goedkeuring nie verleen is nie, asook waar klagtes ontvang word dat tekens goedkeuringsvoorwaardes oorskry, moet sodanige tekens verwyder word.

Wat die borde van eiendomsagente betref, word hulle beperk tot die grootte 400x500mm (te koop/te huur) tot ‘n maksimum van 0,3 vk meter. ‘n Jaarlikse fooi is betaalbaar aan die munisipaliteit.

Waar ‘n besigheid ‘n bord borg, mag die besigheid se naam nie meer as 5% van die bord beslaan nie en mag die bord nie groter as 6mx3m wees nie. Die instansie wat geborg word, se naam moet bo staan op die bord.

Indien so ‘n bord op ‘n munisipale gebou aangebring word, moet die munisipaliteit daartoe verlof gee en mag die voorstel aan ‘n omgewingsimpakstudie onderwerp word voordat toestemming verleen word.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za