Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sport Dagboek

Sport Dagboek
 
2009-02-26


RUGBY

Die Paarl Rugbystreek se algemene maandvergadering word gehou op 4 Maart te Allandale om 19:00. Bestuurslede van nuwe klubs in die Paarl Rugbystreek word bekend gestel en die spelrooster vir 2009 word gefinaliseer.

* Alle derdespan-spelers van Young Gardens kan Dinsdae en Donderdae saam met die klub oefen by Paarlzicht Skool om 18:00. Kontak 082-713-5973.

* Windmeul United speel Saterdag ’n vriendskaplike wedstryd teen Peoples op Windmeul Laerskool se velde in Agter-Paarl. Wedstryde begin om 12:30.

Oefeninge vind Dinsdaeen Donderdae om 19:00 plaas by Windmeul. Kontak 076-609-0365 vir vervoerreëlings.

* Allandale Rugbyklub speel Saterdag ’n tuiswedstryd teen Viking/Police te Drakenstein gevangenis om 14:00.

Die klub oefen Dinsdae en Donderdae om 18:30. Kontak 082-737-8952.

* Young Stars Rugbyklub bied op 21 Maart ’n sportdag aan te Newton Sportgronde. Belangstellende klubs kan 076-759-1448 kontak.

* Rangers speel Saterdag ’n vriendskaplike wedstryd teen Young Gardens op die Boy Louw-velde. Op 7 Maart speel hulle teen Evergreens, op 14 Maart teen Simondium, op 21 Maart teen Young Blues en op 28 Maart teen Vineyards.

Rangers oefen Dinsdae en Donderdae op Daljosafat, onder John Filander.

Op 5 April beplan die klub ’n gholfdag by Wellington Gholfklub. Kontak Butch Green by 073-136-2713.

* Young Peoples se senior en junior spanne speel Saterdag ’n vriendskaplike wedstryde teen Windmeul (weg). Op 7 Maart speel Peoples teen UCT (weg) en op 11 Maart teen Wellington (weg). Op 14 Maart speel Peoples teen Evergreens op die Boy Louw-velde en op 21 Maart teen Abbotsdale op Faurestraat-stadion. Alle golden oldies moet by die oefenveld aanmeld om voor te berei vir hul wedstryd teen UCT se golden oldies.

* United Stones Rugbyklub bied op 7 Maart hul jaarlikse uitkloppe aan. Alle klubs word uitgenooi om deel te neem. Die wenspan sal R1000 in sy sak steek.

Inskrywings is gratis, maar hekgelde beloop R5 (R3 vir kinders onder 10 jaar).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za