Reuse fietsren-sukses
2009-02-26
Jaco van Wyk
DIE Lions Club van Wellington het Saterdag hul belofte gestand gedoen toe hulle een van die heerlikste en grootste Wilde fietsrenne tot nóg in die strate van die pragtige wyndorp aangebied het. Dié jaarlikse fietsren, wat geborg word deur Pacmar, het meer as 2000 fietsryers gelok oor verskeie roetes, met die splinternuwe bergfietswedren wat self baie gewild was onder die deelnemers. Die groot wenner in die 94km wedren was Welgemoed Moolman. Andreas Struder (sub vets), Marc Wilkinson (vets), Gerhard Genis (meesters), Jennie Stenerhag (dames), Jade Julius (senior skoliere), Brent van Rooyen (junior skoliere) en Zenele Tshoko (dogters) was die ander kategorie-wenners. Volgens die organiseerders het die padroetes baie glad verloop en was daar geen verwarring wat die roetes aanbetref nie, weens die harde werk van die padaanwysers. Verder was die deelnemers en ondersteuners gaande oor die ander nuutjie van die fietswedren, naamlik die verversingstent op Boland-stadion se B-veld.
More
News
|