Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Mosaïek-projek voltooi

Mosaïek-projek voltooi
 
2009-02-26


’n PRAGTIGE, groot mosaïek-tuintafel onder die bome langs die Breytenbach-sentrum op Wellington is die produk van die jongste mosaïek-werkswinkel wat pas deur die sentrum en die National Arts Council aangebied is.

Volgens Desireé Malan, wat die werkswinkel namens die sentrum aangebied het, het dit bykans 105 uur se harde werk geverg om die reuse-projek suksesvol te voltooi.

Nie een van die kursusgangers het enige vorige ondervinding van mosaïekwerk gehad toe hulle die kursus begin het nie.

Desireé meen egter dat elkeen van die kursusgangers ná hierdie kursus deeglik onderlê is in die basiese tegnieke van mosaïek- en keramiekwerk.

Die drie betonpote waarop die tamaai betonblad van die tafel rus, is deur die kursusgangers met honderde klei-teëls in die vorm van blare bedek.

Elkeen van hierdie teëls het die kursusgangers met die hand gevorm uit klei wat uit die Wellington-omgewing afkomstig is.

Met die ondervinding wat hulle in hierdie werkswinkel opgedoen het, beoog die kursusgangers om in die nabye toekoms onder leiding van Desireé te tender vir argiteks-projekte wat mosaïekwerk in die vorm van spesiaal versierde mure, tuinbanke- en tuintafels benodig.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za