BEKENDE kunstenaars tree in die Paarl op tydens ’n konsert op 4 Maart by Kronenburg-onthaalsaal aangebied ten bate van die organisasie “People Living With Cancer”.
Gaskunstenaars by die Son in Blom-aand is Abel Kraamsaal, Lize Beekman, Gert Vlok Nel, Gian Groen en sy “band” en Schalk Joubert.
Kaartjies kos R200 per persoon en sluit ’n ete en wyn in. ’n Kontantkroeg is beskikbaar.
“People Living With Cancer” is ’n liefdadigheidsorganisasie wat geld insamel om mense en hulle families wat met kanker gediagnoseer is te help.
Hulle help met die verwerking van diagnose en behandeling en die emosionele impak van die siekte deur persone wat reeds die siekte oorkom het.
Die organisasie is gestig deur Carl Liebenberg, wat ook ge- diagnoseer was met kanker.
Hy sê wat hom die meeste gehelp het, was om met iemand te praat wat verstaan en wat self deur ’n soortgelyke proses was.
Kontak Karin by 071-672-3090 of Deidrè by 072-267-0638 vir kaartjies.