Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos tem Tiere

Paarl-Oos tem Tiere
 
2009-02-26


DIE eerste krieketspan van GMT Paarl-Oos het Saterdag afgereken met die eerste span van Young Peoples, op New Orleans se velde.

Die Tiere het die loot gewen en vir Paarl-Oos ingestuur om eerste te kolf.

Met Waylin September (20, 3x4), Mornay de Vries (23, 1x4), Wilton van Neel (27, 1x4 en 1x6) en Elroy Abrahams (30*, 1x4 en 1x6) wat skaflik vertoon het vir Paarl-Oos, kon hulle 129 lopies aanteken.

Peoples se boulers het egter goed vertoon, met Carlton Daniels (4/15) en L Jacobs (2/16) aan die spits.

Hierna het Peoples gaan kolf, en word toe almal uitgeboul vir 115 lopies.

Die Tiere se beste kolwers was Dominique Daniels (37, 1x4) en L Jacobs (25, 1x6).

September (3/19) en Kurt Julius (3/20) het baie goed geboul vir die wenspan.

NaPeoples se eerste span die knie gebuig het, het die tweede span hiervoor opgemaak deur Paarl-Oos II met een paaltjie te klop.

Paarl-Oos II het eerste gekolf en ’n allemintige 258 behaal danksy skitterende kolfwerk deur Bjorn Hollenbach (65, 5x4), R Cupido (78, 6x4 1x6), Dane Schoor (26, 1x4 en 1x6) en Wayne Jantjies (28, 3x4).

Vir Peoples het Riaan Damonse (2/34 in 9bb) en Linsey Davy (2/50 in 8bb) die meeste paaltjies ingeoes.

Peoples het gaan kolf, maar paaltjies op reëlmaat verloor. Met die telling op 109/8 na 24 boulbeurte was die Tiere in groot moeilikheid, maar ’n skitterende vennootskap tussen Herschelle Barron (128*, 14x4) en Lloyd Grey (29, 3x4) het die Tiere gehelp om 225 lopies aan te teken, met vier boulbeurte oor.

Toe Grey sy paaltjie verloor, het Anrico Bailey (18*, 2x4) hom by Barron kom voeg en die wenlopies in die laaste boulbeurt behaal.

Die dag het egter aan Barron behoort wat regdeur gekolf het en sy honderdtal van 139 balle gemoker het.

Met dié oorwinning lyk die tweede span se kanse steeds sterk om die semi-finaal te haal.

Peoples se derdes het sy laaste wedstryd teen Oostelikes III met 6 paaltjies verloor.

* Saterdag speel die Tiere teen Wellington Krieketklub. Die eerste span speel tuis en sal hul laaste drie wedstryde moet wen om enige kans te staan om die semi-finaal te haal.

Die tweedes speel weg teen Wellington II.

Die klub bied Saterdag ’n hoender-braai en slaai aan op Daljosafat vanaf 12:00. Kostes beloop R30 per bord. Kontak 082-379-2544.

Die Klub se algemene jaarvergadering vind plaas op 12 Maart om 19:30 by die klubhuis.

* Saterdag speel Paarl-Oos weg teen Worcester streekspan. Die derdes speel tuis teen Northdene I te New Orleans.

Die klub se lede vergadering (4 Maart) en die bestuursvergadering (11 Maart) is om 18:00 te New Orleans klubhuis.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za