* Skooldans. Die Klapmuts Primêre Skool hou op Vrydag 27 Februarie ’n Silly Hat-dans in die skoolsaal vanaf 19:00. Die Progressive Dance Band gaan by die geleentheid optree en die gaste op hule tone hou met lekker musiek. Kaartjies kos R50 by die skool (021-875-5471).
* Support Cansa. The Cancer Association of South Africa (Cansa) encourages employers and organisations to host a Cansa Shavathon event on Friday 6 March.
Workers, visitors, clients and suppliers can shave or spray in solidarity with a cancer survivor on that day for a R50 donation. Register at www.shavathon.org.za. Contact Margie Laubscher at 011-616-7662 or e-mail shavathon@cansa.org.za.
* Blommeklub. Die Paarl Blommeklub vergader op Dinsdag 3 Maart om 18:30 by die NG Kerksaal in Denneburg. Die demonstrasies word deur Pieter Coetzee, Bessie van Zyl en Marike Smit gedoen en handel oor emosievertolkende rangskikkings. Vir meer besonderhede, kontak Farieda Essop by 021-862-2237 of 072-386-6291.
* Harvest festival. On Saturday a harvest festival will be held at the Grande Provence Wine Estate in Franschhoek from 08:00. Tickets cost R350 per person inclusive of a light breakfast, harvest festivities, live entertainment and a braai on the lawn. For reservations, contact Mandy Elliot on 021-876-8600 or you can e-mail functions @grandeprovence.co.za.
* Fynproewersmark. Skep bietjie asem by die Paarl Fynproewersmark by Dwars-in-die-Weg, Hoofstraat, elke Saterdag vanaf 09:00 tot 14:00. Boere, entrepreneurs en almal wat het, bring hulle produkte om op die mark te kom verkoop - alles op ’n omgewingsvriendelike manier wat ons aarde respekteer. Vir navrae en aansoeke vir stalletjies, kontak Lize (082-378-1213).
* Veldtog. Die Holy Tabernacle Assembly bied ’n tentveldtog vanaf 1 tot 15 Maart in Hillside, Groenheuwel met Apostel J Markus as prediker. Op Sondae begin dit om 17:00 en Maandae tot Saterdae om 19:00.
* Kamp. Die Voluit vir Jesus interkerklike vrouekamp word van 20 tot 22 Maart by Stanford gehou. Kostes beloop R350 per person (verblyf en etes ingesluit). Bespreek by Emilie de Kock by 028-316-3508 of 083-703-5007 of e-pos emilie @fullyforjesus.com voor 12 Maart.
* Molfees. Vanjaar se Musiek op die Lande (Molfees) vind op 7 Maart op die plaas Joubertskloof, sowat 10km buite Malmesbury op die Klipheuwelpad, plaas. Talle bekende kunstenaars sal sorg vir lekker vermaak. Die Vrydagaand se program begin om 17:00 en Saterdag om 10:00. Kaartjies is by Computicket beskikbaar. Die Vrydag is die toegang R85 (kinders 7-18 jaar R50) en die Saterdag is dit R100 (kinders 7-18 jaar R60).