Larries skitter
2009-02-26
DIE topstudente van La Rochelle Hoërskool wat verlede jaar gematrikuleer het, het uitstekend gevaar. Marcelle Steinmetz, dux student, was vyfde in die vak Musiek in die eindeksamen. Bronwen van Laun was sesde in die vak Ontwerpkuns en Ilke Minords het ’n negende plek provinsiaal behaal in Besigheidstudies. La Rochelle is baie trots dat twee van hul vakrigtings, Geografie en Toerisme, die hoogste gemiddeldes in die Kaapse Wynland-distrik behaal het in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen van 2008.
More
News
|