DIE VGK Vanwyksvlei hou Saterdag van 09:00 hul jaarlikse basaar op hul kerkterrein in Scholtzlaan, Wellington.
Basaargangers kan uitsien na sport, kompetisies, ’n vertoning deur die brandweer en baie pret vir die kinders. Stalletjies sal ’n verskeidenheid produkte te koop aanbied. Die basaar begin reeds om 09:00 en almal word uitgenooi. Kontak Dina Herklaas by 072-123-8303.