Arboretum aanvalle
2005-08-04
STAPPERS in die Paarl Arboretum (boompark) langs die Bergrivier moet op die uitkyk wees vir rowers, maan die polisie.
Onlangs is drie gevalle aangemeld van stappers wat in die arboretum met ’n skêr gedreig en beroof is.
Die aanvallers is jong mans en vermoedelik van die haweloses wat hul tuiste onder bosse in die boompark en onder die brûe oor die Bergrivier gemaak het, meen ondersoekers.
Inligting oor verdagte persone kan gegee word aan die polisie by tel 807-4000.
More
News
|