DIE Wellington Diabetes Ondersteuningsgroep vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 10:30 by die ACVV Dienssentrum, Bainstraat 20.
Die volgende byeenkoms vind plaas op 3 Maart en daar sal na ’n video oor voedingsaanvullings vir diabete gekyk word. Gratis glukosetoetse word ook gedoen.
Vir meer inligting, kontak Suster Elsa Groenewald by 021-873-4682.