’n BOEK oor Pniel, “Pniël en sy Mense”, is onlangs gepubliseer deur vier inwoners: Lot Cyster, Matthew Cyster (redakteur), Eleanor Damon en Freddie Simpson.
Dié boek beeld Pniël en sy mense uit - van sy ontstaan as sendingdorpie in 1843, tot vandag.
Dit sluit in vertellings oor die dwarstrekkers, kerkstryde, sakelui en sportsterre. Die boek kos R140. Skakel Matty Cyster by 021-885-1094 of 021-885-1103/6 vir navrae.