DIE Simondium Ontwikkelingskomitee, in samewerking met Kaapse Wynland Distrik se gesondheidsdienste, nooi die gemeenskap van Simondium om Saterdag van 13:00 tot 17:00 ’n gesondheidsdag by te woon by die plaaslike kliniek.
Dienste wat beskikbaar sal wees is TB ondersoeke, inligting en toets van seksueel-oordraagbare infeksies, berading en toets vir HIV/Vigs, papsmere, borsondersoeke, toets van bloeddruk en suiker, motivering vir sterilisasie, inligting ten opsigte van voorkoming van tienerswangerskappe, tandondersoeke en voorkoming van tandbederf.
Vir navrae,kontak, suster Kay Simpson by 021-872-1711 of Henry Valentyn 073-012-0620.