Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ons vallei raak al hoe groener

Ons vallei raak al hoe groener
 
2009-02-26

Lisa Beyers

HERWINNING is stadig maar seker besig om momentum te kry in die Drakenstein.

Die Munisipaliteit het ’n herwinningsaanleg by die oorlaaistasie in Distillerystraat in die Paarl laat installeer wat teen die middel van hierdie jaar in werking sal wees.

Alhoewel die projek in die finale konstruksiefase is, vind herwinning reeds hier plaas onder die wakende oog van Sonja Frans.

Frans het ’n passie vir herwinning en glo dat in die lange duur sal die hele gemeenskap hierby baat. En dit is nie net vir die omgewing se onthalwe nie, maar herwinning is ook ’n werkskeppingsgeleentheid.

Tans word droë rommel vanaf veral besighede na die herwinningsaanleg gebring en papier, plastiek, blik en glas word uitgesorteer.

Hierdie word dan aangekoop deur maatskappye wat dit herwin.

Wanneer die aanleg ten volle operasioneel is, sal die publiek aangespoor word om hierdie herwinbare materiale tuis in spesiale sakke te sit.

Met vullisverwyderingsdae, sal hierdie sakke apart vervoer word na die herwinningsaanleg en op voerband uitgegooi word. Werknemers sal die goedere dan uitsorteer en skei.

Kantoorrommel soos rekenaars, drukker-inkhouers en nog meer kan ook hierheen geneem word vir herwinningsdoeleindes.

Tans is die eerste fase van dié projek onderweg om woonareas met hoë potensiaal vir herwinning te identifiseer.

Dit is ook steeds onseker hoe die droë vullis na die herwinningsaanleg vervoer sal word, want dit sal nie op dieselfde wyse as algemene vullis vervoer kan word nie.

Maar beide Frans en die Munisipaliteit is positief dat wanneer hierdie aanleg ten volle in werking is, sal die omgewing van Drakenstein ’n vernuwing beleef.

* A municipal recycling system is up and running in Paarl, and it is hoped that it will be fully implemented by the middle of the year.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za